GEORGE NUUS - Vroue van die Borcherds-omgewing word hartlik uitgenooi na 'n opelugdiens ter afsluiting van Vrouemaand op Sondag 30 Augustus.
Inwoners, vriende en familie word genooi na die geleentheid wat 15:00 op die hoek van Krog- en De Villiersstraat sal begin. Waardevolle inligting sal gedeel word en vroue word genooi om mekaar te bemoedig en te ondersteun.
Covid-19-regulasies sal toegepas word, so moenie jou masker vergeet nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'