MOSSELBAAI NUUS - 'n Gesamentlike poging deur verskeie rolspelers het Woensdag, 22 November, die lewe van 'n 11-jarige meisie en haar 36-jarige pa gered toe beide in ‘n sleurstroom by Heroldsbaai, in die moeilikheid geraak het.
Eerste in die water was Hartenbos Lifesaving klub se lewensredder, Ian Barnard (18), wat op die strand was vir 'n verjaardagpartytjie. Hy het 'n NSRI pienk reddingsboei gegryp en na die twee drenkelinge geswem.
By die twee in nood gekom, het hy die boei aan hulle oorhandig om hulle te help dryf en hulle probeer kalmeer.
"Ek het gesien die pa klou nie aan die boei nie maar half aan sy dogter. Ek het hom genader maar toe het hy wanhopig probeer om op my te klim," het Barnard aan die Mossel Bay Advertiser vertel.
Die voorval beklemtoon egter die nodige eerste bystand wat 'n pienk boei kan bied en sodoende 'n lewe kan red in die kritiese eerste paar minute.
*Lees meer oor die voorval in Vrydag, 1 Desember, se Mossel Bay Advertiser
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’