GEORGE NUUS - Georgiete moes vanoggend allerlei planne maak om die eendeweer te trotseer.
Dit is dalk al 6 September, maar vir inwoners voel dit of die winter nou eers begin het.
Sedert gisteraand sak deurdringende reën onverpoos uit en teen vanoggend 08:00 het 14mm reeds geval soos gemeet by die munisipale waterwerke in Denneoord aan die voet van die berg.
In die daaropvolgende twee ure tot en met 10:00 (Vrydag 7 September) is 'n verdere 6mm gemeet. Die Suid-Afrikaanse weerburo het vloedwaarskuwings vir die ganse Tuinroete uitgereik en voorspel dat die reënweer eers teen Sondag sal opklaar.
George Herald joernalis, Michelle Pienaar het vanoggend oppad werk toe 'n paar nat oomblikke in Cradockstraat met die kamera vasgevang. Meeste voetgangers het hulle self drooggehou met kleurvolle sambrele, ander met reënpakke, en dan is daar diegene wat maar vinnig moes spring om vir die druppels te koes.
Cradockstraat blink waternat.
Oppad om 'n bus te haal in Craddockstraat.
Pearl Potts en Soyed Galifa.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'