GEORGE NUUS - 'n Donasie van matrasse, gordyne, kussings en beddegoed is Vrydag aan die Rosemoor tehuis vir bejaardes deur Fancourt gemaak. Jenny Streicher van Fancourt, wat die oorhandiging gedoen het, sê hulle het onlangs opknapwerk aan die hotel gedoen en die huisware wat nie meer gebruik word nie, het 'n goeie huis gesoek.
Sy sê hulle werk gereeld saam met die tehuis en het al verskeie skenking gemaak.
Alida Jacobs, een van die tehuis se raadslede sê hulle is baie dankbaar vir die skenking en dit is eintlik presies wat die tehuis nou nodig het.
Nirvan Papier van die tehuis het die goedere in ontvangs geneem in die teenwoordigheid van drie raadslede. Jacobs, Henrietta Cassim en Michael Louw was daar om die tehuis se raad te verteenwoordig.
Nirvan Papier, Alida Jacobs, Henrietta Cassim, Jenny Streicher (Fancourt) en Michael Louw. Louw, Jacobs en Cassim is deel van die Rosemoor-tehuis se raad.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'