Die verkeersowerheid gebruik die toerusting van Syntell om die voertuie se registrasienommers te skandeer wat dan lasbriewe vir uitstaande boetes, gesteelde voertuie en voertuie met vervalste nommerplate uitwys.
Daar is gister alleen R31 000 ingevorder.
Motoriste met uitstaande lasbriewe vir verkeersboetes word versoek om hul boetes te betaal deur die plaaslike verkeersdepartement te skakel by 044 878 2400.
Volgens me. Iona Kritzinger, die portefeulje raadslid vir gemeenskapsveiligheid, moet motoriste begin verantwoordelikheid neem vir hul uitstaande boetes en het sy beloof dat soortgelyke operasies met die toerusting van Syntell gereeld op George gehou gaan word om padveiligheid te verseker.
.jpg)
Hierdie spesiale kamera lees elke motor se nommerplaat sodat verkeersbeamptes dan kan sien of daar enige uitstaande lasbriewe of boetes is.
ARTIKEL: LIZETTE DA SILVA
FOTO'S: LEEANNE PRATT