GEORGE NUUS - Die Tamaaibraai van die Vryburgers, wat al 'n instelling geword het, vind weer Saterdag 9 April plaas. Dit sal een van die eerste projekte van die organisasie se nuwe bestuur wees.
Vanjaar is die vierde keer wat dit plaasvind. Dit is in 2021 gehou, maar weens die Covid-19-situasie kon dit nie in 2020 gehou word nie.
Dis 'n nasionale projek van die Vryburgers en verskeie bejaardes landwyd word bevoor-deel. Lede van die organisasie beoog om Saterdag 10 lammers te braai - dus 1 100 tjoppies - by vyf tehuise vir bejaardes in George. In totaal sal sowat 516 bejaardes sal 'n stukkie braaivleis kan geniet.
Daar sal gebraai word by die ACVV (62 bejaardes), Rosemoor (100 bejaardes), Watsons (65 bejaardes), Tuiniqua (200 bejaardes) en Hoekwil (89 bejaardes).
Hanno Maritz, die nuwe stuurman van die Vryburgers, het gesê hy is opgewonde oor die jaar wat voorlê. Dit sluit die Tamaaibraai in.
Voor, van links is Shanel Louw, Mariana Steffens, Reinet de Waal, Marlize van der Walt,Amelda Melgel, Petro Maritz, Liezl Venter, Leani van Wyk en Mandy du Plessis. Agter: Lindsey Zunckel, Adri Joubert, Carlize Els, Marisa Pretorius, Marlene Carstens, Annegret Strydom en Engela Basset. Heel voor (kniel): Helen Basson (Vryburger-saalverhurings).
Die nuwe bestuur is onlangs gekies en volgens Maritz gaan harde werk en spanwerk die jaar se sukses bepaal.
Verskeie projekte word beplan en dit sluit die Kos vir Kinders Nasionale-projek, Grootskermrugby en die eksklusiewe Finovo Jakkalberry 100 Myler in.
Tydens die geleentheid is daar ook erkenning gegee aan lede vir hul bydraes met Sas du Plessis as Vryburger man van die jaar, en Amelda Mengel as Vryburger vrou van die jaar.
Die 2021 toekenning vir Vryburger man van die jaar het gegaan aan Sas du Plessis en Vryburger vrou van die jaar, Amelda Mengel.
Hanno Maritz (links) is aangewys as die nuwe stuurman. By hom is Marius Venter, uittredende stuurman.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'