Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Tuiniqua-versorgingsentrum het vanoggend, 14 Junie, ‘n uitreikaksie na Rosemoor Tehuis vir bejaardes gehou.
As deel van die geleentheid het personeel en inwoners van Tuiniqua pannekoek vir die inwoners en personeel gebak.
Die koue reënweer is natuurlik die ideale weer en die pannekoek bakkery het vir groot pret gesorg. Alani Voigt, bestuurder van Tuiniqua het gesê dis aangenaam om so uit te reik na Rosemoor.
Benewens die pannekoek is toiletware ook aan inwoners van Rosemoor oorhandig wat met behulp van die NG Kerk, Bergsig-gemeente ingesamel is.
Charmaine Titus bestuurder van Rosemoor het gesê hulle is baie dankbaar en waardeer dit opreg.
Foto’s: Eugene Gunning
VIDEO: Dis pannekoek tyd
VIDEO: Tyd vir uitreik
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’