GEORGE NUUS - 'n Groep jong jazzmusikante, 'n digter en 'n danser van Hoërskool George het op uitnodiging die vermaak verskaf tydens 'n glansgeleentheid vir die streek se hoërskole verlede Vrydag 17 Februarie by die Fairy Knowe Hotel in Wilderness.
Die geleentheid is deur die Wes-Kaapse departement van onderwys gehou en het ten doel om die streek se toppresteerders te vereer.
Lede van die skool se orkes het onlangs opslae gemaak tydens 'n optrede in die V&A-waterfront in die Kaap. Hulle word afgerig deur Hoërskool George se musiekonderwyser, Germaine Leonard.
Die danser, Lucian Brinkhuis, word afgerig deur William Constable-Alaart en die digter, Kiara Webb, word afgerig deur Rodney Deyce.
Die lede van die Jazz-orkes is Quintin Peterse, Wafeeq Philander (klankman), Christaano Blaauw, Xavier Veele, Caleb Mckelly en Adrian Erasmus.
Streekdirekteur van die WKOD, Jewel Jonkers (middel), saam met van die kunstenaars van Hoërskool George.
Hoërskool George se kunstenaars is hier! 'n Danser, 'n digter en 'n Jazzorkes.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'