RUGBYNUUS - Duhan van der Merwe is soos algemeen verwag ingesluit in Skotland se span wat Sondag 10 September teen die Springbokke speel.
Skotland se span is vandag bekend gemaak en die Springbokke se span is reeds Woensdag bekend gemaak.
Dit is beide spanne se eerste wedstryd van die WB 2023 toernooi in Frankryk.Van der Merwe se insluiting beteken dat die wedstryd 'n George verbintenis sal hê.
Beide is oudleerlinge van die Hoërskool Outeniqua. Van der Merwe het in 2013 aan die skool gematrikuleer en Libbok in 2015.
Beide het reeds op skool hul merk op die rugbyveld gemaak. Na skool het hulle ook groot hoogtes bereik en Sondag draf hulle vir verskillende internasionale spanne uit.
Van der Merwe op vleuel en Libbok as losskakel.Beide is spelers waarop hul spanne baie staatmaak en kan selfs die uitslag beinvloed.*Van der Merwe se broer,Akker het al vir die Springbokke uitgedraf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’