Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Na 'n lang dag van baie reën het die son laat middag oë gewys in George.
Ofskoon sover bekend geen ooglopende vloedskade aangerig is was daar talle poele water langs paaie. Veral in Knysaweg het water langs die pad gelê.
Op die hoek van Knysna- en Sweetpeaweg het 'n groot poel water die talle motoriste herinner aan die baie reën wat geval het.
Die Kaaimansrivier het ook afgekom en vir asemrowende tonele gesorg waar die rivier en die see in die monding ontmoet het.
Relatiewe mooi weer sal na verwagting môre heers en gedeeltelike bewolkte weer word voorspel.
VIDEO: Waar die water ontmoet
VIDEO: Kaaimansrivier kom af
VIDEO: Kyk al die water!
Die groot poel water op die h/v Knysnaweg en Sweetpeastraat by Lavalia het motoriste laat middag herinner aan die baie reën wat vandag, 17 Desember 2022, in George geval het. Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'