GEORGE NUUS - Heinrich Conradie (12) en sy suster Mieke (10) het uitstekend gevaar tydens 'n inisiaal (voor graad-1) praktiese musiekeksamen deur Almsa (Akademie vir ligte musiek Suid Afrika).
Heinrich bespeel die kitaar terwyl sy sussie klavier speel. Beide het 'n goue ererol vir hul prestasies ontvang.
Daarvoor moes hulle 99% vir hul eksamens ontvang het.
Heinrich het ook meriete sertifikate ontvang vir die beste leerling in die Wes-Kaapse provinsiale eksamen, asook in die nasionale eksamen vir sy uitmuntende spel.
Beide Henrich en Mieke word onderrig deur Monica de Villiers van Music Kids in George.
Heinrich Conradie (12) het ook meriete sertifikate ontvang vir die beste leerling in die Wes-Kaapse provinsiale eksamen, asook in die nasionale eksamen vir sy uitmuntende spel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'