GEORGE NUUS - Denneoord-buurtwag het die afgelope Sondagoggend, 22 Julie, tussen 03:00 en 06:30, op vier inbrake in die area gereageer.
Volgens Denneoord-buurtwag se operasionele bestuurder, Louis Keyper, het skelms by 'n huis in Eilandstraat probeer inbreek asook by twee wonings in Blommekloofstraat.
Na 'n inbraak in Kandelaarstraat het verdagtes met 'n beursie gevlug.
Keyper sê lede van Denneoord- en Bergsig-buurtwagte het twee verdagtes agternagesit, maar hulle het in die bosse ingehardloop en ontsnap.
Hierdie voorvalle volg 'n maand nadat lede van Denneoord-buurtwag diewe op heterdaad betrap het tydens 'n rooftog in Wellingtonstraat.
Keyper waarsku inwoners om waaksaam te wees.
"Mense moet hulle ligte aanskakel wanneer hulle iets buite hoor. Volg Denneoord-buurtwag op ons Facebook-blad vir inligting en sorg dat jy altyd die polisie se nommer naby het."
Hy het Bergsig-buurtwag ook bedank vir hulle bystand.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'