GEORGE NUUS - Delville Park Primêr het groot belê in sy prefekte van 2022.
Nadat die leerderraad in Februarie by 'n spesiale geleentheid aan die leerders en ouers bekendgemaak is, het hulle vroeg in Maart 'n leierskapkamp in Hartenbos bygewoon waar verskeie sprekers en fasiliteerders verskillende aspekte van leierskapontwikkeling aangebied het.
Op 25 Maart het die hoof, Robert Grootboom, met trots die hoofleiers van die skool aangekondig.
Delville Park Primêr bedank al die fasiliteerders en sprekers van die naweek vir die goeie werk wat hulle ingesit het om die leerders se leierseienskappe verder te ontwikkel.
Hulle is Yolande van Aswegen (Mosselbaai - jeugontwikkeling), Rozette Smit-Neetling (kringbestuurder - Mosselbaai) en Roger Jacobs (motiveringspreker).
Die skool is veral dankbaar teenoor die burgemeester van Mosselbaai, Dirk Kotzé, vir die tyd wat hy afgestaan het om die leerderleiers tydens die prefektekkamp te kom motiveer.
By die leierskapkamp. Die burgemeester van Mosselbaai, Dirk Kotzé, vakadviseur Jeanette Jooste en Anton Titus, van die Eden en Sentrale Karoo-distrikskantoor saam met die prefekte.
Van links is Keegen Jansen (hoofseun), Robert Grootboom (skoolhoof) en Pomise Fakade (hoofdogter).
Die skoolhoof saam met die prefekte wat in Februarie bekendgemaak is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'