Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Reën of te nie – ‘n groep dapper vroue het vanoggend die tweede laaste skof van hul staptog van Sedgefield na George aangedurf. Die groep het die lang pad aangedurf vir 50 kinders met sosiale agterstande.
Hulle stap in 'n aflosgroep en elkeen stap sowat 20 km per dag. Tydens die staptog samel hulle geld in om 'n plek van veiligheid vir die kinders te vestig.
Die groep het reeds op 30 Januarie in Vereeniging in Gauteng weggespring en hoop om môre (Vrydag) in Hartenbos klaar te maak. Teen môre behoort hulle sowat 1 480 km te gestap het.
Hulle het vroeër as beplan in George aangekom en môre stap hulle die laaste skof na Hartenbos.
VIDEO: Kyk hoe stap die vroue
VIDEO: Dapper vroue in George
Michelle van Biljon van Dynamic Women for Children het ‘n rukkie na hul aankoms in George aan George Herald gesê hulle geniet dit. Hulle voete is ‘aan die gang” en hulle het min blasé op hul voete. “Ons is vol energie.”
Hulle geniet dit om in die reën te stap. Elke weersomstandigheid het maar sy uitdaging.
Die groep bestaan uit Marleen van der Walt (53), Michelle van Biljon (26), Rikalize Vosloo (21), Louise Mostert (55), Marina du Plooy (53) en Hanli Reinecke (48).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'