GEORGE NUUS - Solidariteit Helpende Hand George-tak het nog kaartjies beskikbaar vir hul dans op 18 Oktober by die George-burgersentrum om geld in te samel vir kinders en bejaardes.
Trek aan volgens die eerste letter van jou naam. Die mees oorspronklik aangetrekte paartjie wen 'n prys. Daar sal ook 'n gelukstrekking plaasvind.
Tafels van 10 persone is beskikbaar. Gaste bring hul eie piekniekmandjies en 'n kontantkroeg is beskikbaar.
DJ Andy sal die musiek verskaf en daar sal musiek uit die 70', 80's en 90's ook op die program wees.
Kaartjies is beskikbaar by Ons Winkel, George Lily-gebou, Van der Stelplein (langs die Happy5Rand-winkel) of bel Marieta by 082 900 3156.
"Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus"