Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Daar was vanmiddag groot opgewondenheid en dankbaarheid by die Conville-kliniek toe lede van die Sewendedag Adventiste kerk pakkies aan verpleegpersoneel oorhandig het.
Dit is om dankie te sê vir hulle hulp tydens die Covid-19-pandemie.
Dit is môrenag (26 Maart) presies 'n jaar gelede dat die eerste inperkingstappe in werking getree het.
Alice Beurts van die kerk het met die George Herald gepraat. Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'