GEORGE NUUS - Bok van Heerden, 'n gereelde besoeker aan die Tuinroetedam, het 'n foto ingestuur wat hy op Vrydag 25 Junie geneem het wat toon dat daar geen teken is van die Salvinia-onkruid wat inwoners 'n paar maande gelede erg bekommerd gehad het nie.
Die George-munisipaliteit het 'n kontrakteur aangestel om die Salvinia te spuit en biologiese beheer word ook toegepas.
"Ons dam lyk nou weer pragtig. Dis lekker om te weet ons George-munisipaliteit funksioneer goed," sê Van Heerden.
Bok van Heerden het hierdie foto van die Salvinia in die dam in Maart gestuur.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'