GEORGE NUUS - Conville Primêr het 'n nuwe bestuurder, Sam Crowley. Crowley van Blanco sê sy doel is om te konsentreer op die akademie van die skool. Hy het reeds 'n paar veranderinge soos witborde ingebring.
"Tegnologie is die toekoms, en omdat deesdae se kinders baie visueel is, is dit goed dat hulle leerstof gewys word."
Crowley sê die skool het ook Wi-Fi wat beteken onderwysers kan leerstof aanlyn soek, en dit vir die leerders of op die rekenaarskerm wys of groot op die witbord gooi wat dat as 'n witmuur dien.
Hy was voorheen hoof op Albertinia en waarnemend op Blanco. Crowley sien homself as 'n mense mens. Hy het reeds in die kort tyd by die skool huisbesoek gedoen en planne uiteengesit vir akademie, sport en kultuur. Vir hom is dit belangrik dat die denkwyse rondom onderwys moet verander.
"Onderwysers moet gesien word as fasiliteerders en leerders as kliënte, dan sal die onderwyser dalk die kind beter verstaan en hom of haar sy alles gee. Volgens Crowley sal jy hom op die sportveld kry as daar sport is, al is dit nie die skool se geleentheid nie.
"Mense moet inkoop dat dit hulle skool is. Daar moet gewerk word aan skooltrots en die etos van die skool."
Hy sê sy deur staan oop vir ouers of lede van die gemeenskap wat wil help werk aan 'n beter skool vir die gemeenskap.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'