GEORGE NUUS - Cremhog wil graag almal bedank wie dit moontlik gemaak het dat hulle ‘n kersete aan hulpbehoewende mense kon gee.
Die afsluitingsfunksie op 22 Desember is by die Kiosk in St Marks Square gehou vir 110 hulpbehoewende persone. Andre Olivier van Cremhog sê 98 kospakkies is uitgedeel aan hawelose en hulpbehoewende mans en dames.
“Hulle is ook bedien met heerlike vetkoeke met maalvleis, koffie, poeding en 'n stukkie koek.”
Volgens Olvier is die kospakkies bedoel om aan hulle ‘n maaltyd vir 7 dae te bied en op 29 Desember deel Cremhog weer aan 50 hawelose persone kospakkies uit vir die Nuwejaarstyd.
Hulle bedank graag medewerkers van NG Kerk George Bergsig en alle donateurs wat die projek moontlik help maak het.
Olivier sê met die projek is ons dankbaar dat daar 100 mense sal wees wat buite lewe op straat of in buitekamers slaap wat minder honger sal wees. Dank die Here vir dit wat moontlik was.
Al die pakkies wat gereed staan vir uitdeel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'