Gallery
GEORGE NUUS - Die insamelingskomitee van Rosemoor Home for the Aged het Saterdagaand 'n dans ten bate van hul inwoners in die Conville-gemeeskapsaal gehou.
Die geleentheid is goed deur oud en jonk ondersteun terwyl die plaaslike langarm en jazz-groep van Pacaltsdorp, Melody Six, besoekers op hul tone gehou met 'n wye verskeidenheid musiek.
Volgens 'n lid van die komitee Henrietta Cassim, was die aand 'n groot sukses.
"Die aand het goed afgeloop en ons is baie dankbaar vir die ondersteuning uit die gemeenskap.
"Ons doel was om geld in te samel vir mediese apparate en doeke en ek glo ons sal 'n verskil in die inwoners se lewens kan maak," het sy gesê.
Oud en jonk het die aand terdeë geniet.
Melody Six van Pacaltsdorp het die mense op hul voete gehad met langarm en jazz-musiek.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'