Update
TUINROETE NUUS - CapeNature is vol vertroue om die Kammanasieberge brand vandag te blus.
Volgens Loren George, woordvoerder vir CapeNature, is die koeler en bewolkte weersomstandighede in die brandbestryders se guns.
George se 26 brandbestryders is steeds besig om die vuur naby Zandrivier, Buffelsrivier, te bestry.
"Geen strukture het in die 9700 hektaar area waar die brand sedert laasnaweek woed, afgebrand nie."
Een brandweerwa is wel uitgebrand en sover bekend is een persoon met brandwonde in die hospitaal opgeneem.
Lees vorige artikels:
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'