MOSSELBAAI NUUS - Die organiseerders van die gewilde motorfietsbyeenkoms, die Buffalo Rally, moes weer eens die 2021 byeenkoms uitstel, hierdie keer tot die naweek van 29 Oktober.
Die Nomads-motorfietsklub moes die saamtrek noodgedwonge uitstel weens die onsekerheid oor die Covid-19-inperkings op sosiale byeenkomste.
Nomad Motorfietsklubvoorsitter, Luderick Jacoby sê: “Die aanbieding van die Oktober-byeenkoms sal boonop afhang van die regering se Covid-19-inperkings, wat hopelik dan opgehef sal wees.”
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'