SUID-KAAP NUUS - Die yskoue windjie in George en die res van die Tuinroete is inderdaad ‘ys’koud.
Gisteroggend was ‘n dun lagie sneeu op die Outeniqua bergtoppe te bespeur.
MC Lamprecht van die plaas Die Eike in Blanco by George het die pragtige foto’s Sondag net na 12:00 geneem voor ‘n reënbui dit kon afwas.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het erge koue, sneeu en baie reën vir die Tuinroete, Karoo en Kaapse Wynlande tot minstens Dinsdagaand voorspel en waarsku dat oorstromings mag plaasvind.
Dis in sulke tye wat mens glad nie omgee om van die huis af te werk nie!
MC Lamprecht van die plaas Die Eike in Blanco by George het die pragtige foto’s Sondag net na 12:00 geneem.
Gisteroggend was ‘n dun lagie sneeu op die Outeniqua bergtoppe te bespeur.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'