GEORGE NUUSFLITS - Een persoon is vanoggend, Woensdag 9 Mei, ernstig beseer toe sy bromponie in Plattner-boulevard onder ‘n bakkie beland het.
Dit is nog onseker oor hoe presies die ongeluk plaasgevind het, maar dit wil voorkom of die bakkie, wat in die rigting na Rooirivierrif gery het, óf ‘n u-draai by die eiland tussen Checkers en King George-apteek wou maak, óf regs wou afdraai na Azaleastraat (agter King George-apteek), toe die bromponie hom tref.
Die bestuurder op die bromponie kon na bewering nie vinnig genoeg uitswaai of stop nie en het onder die bakkie beland.
Niemand in die bakkie is beseer nie. Die pasiënt, met ‘n moontlike gebreekte heup, is deur Eden911-paramedici na die George-hospitaal geneem.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
Nooddienste op die toneel vanoggend. Foto: ER24
‘Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus’