Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Tussen vier en ses plakkershutte het vanmiddag (Dinsdag 15 Mei) in Rosedale in Pacaltsdorp afgebrand.
Inwoners het self ingespring en gehelp om die vuur wat vinnig versprei het te help blus.
Meeste van die mense wie se huise afgebrand het, was by die werk toe die brand uitbreek.
Bure en ander inwoners het probeer om van hul eiendom uit te dra, maar kon min red omdat die vlamme vinnig versprei het.
Die brandweer is steeds op die toneel.
Kyk 2 videos hieronder.
Brandweer en inwoners op die toneel.
Volgens inwoners het die brand baie vinnig versprei.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'