TUINROETE NUUS - Die brand in die Kammanassieberge woed steeds voort.
Een persoon het gister (8 Februarie) ernstige brandwonde opgedoen en ‘n Working on Fire (WoF) brandweerwa is in die brand beskadig.
Die kammanassieberge is tussen die Swartberge en die Outeniquaberge geleë.
Die brand woed sedert die afgelope naweek.
Volgens die Eden-distriksmunisipaliteit se rampbestuur het ‘n man gister brandwonde aan sy gesig, arm en hande opgedoen.
Hy is in die George MediClinic opgeneem.
Rampbestuur meld in hul persverklaring dat landbougrond en huise in gevaar is.
WoF het gister twee vastevlerk bomber vliegtuie en twee helikopters gebruik om die brand te help bestry.
Die WoF brandweerwa wat verwoes is.
‘n Bomber vastevlerkvliegtuig land gister op die Oudtshoorn-lughawe om sy watertenk te vul. Foto: Christo Vermaak
WoF, Eden-rampbestuur, Capenature en die George-munispale brandweerdienste se grondspanne het vanoggend voortgegaan om die brand onder beheer te bring.
Oudtshoorn se brandweerdienste het gister bystand gelewer deur die vliegtuie se watertenks na elke vlug te vul.
WoF het gister twee vastevlerk bomber vliegtuie en twee helikopters gebruik om die brand te help bestry.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar raak.
Lees 'n vorige berig: Vliegtuie veg teen bergbrand
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'