Update
GEORGE NUUS - Die beweerde dwelmbaas, Philip Meas (48) is Maandag 4 Maart in die George-landdroshof vrygelaat op R10 000 borgtog.
Dit kom ná hy en drie ander verdagtes in Februarie, tydens 'n geïntegreerde operasies in Conville en George in hegtenis geneem is.
Dwelms met 'n beraamde straatwaarde van R6 000, R1 000 kontant asook onwettige wapens is in hul besit gevind en gekonfiskeer.
Meas en 'n vroulike verdagte, Nicolene Meas, verskyn weer op 30 April. Die ander twee verdagtes het nog nie in die hof verskyn nie.
Lees 'n vorige artikel: Drug kingpins arrested in George
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'