Gallery
GEORGE NUUS - Parkdene Primêr het hierdie jaar hul tweede Wetenskap- en Tegnologieweek van 31 Julie tot 4 Augustus aangebied.
Die fokus van die week is om leerders bewus te maak van hoe wetenskap en tegnologie mense se alledaagse lewens beïnvloed, asook om 'n liefde vir hierdie vakgebiede by die leerders te kweek.
Dit was 'n week vol opwinding en interessante dinge.
Die organiseerder, Edward Langfred, het dank uitgespreek teenoor die sprekers en aanbieders vir hul deelname aan die week.
Hulle was George-brandweer, die SAPD forensiese afdeling, Inckubeko Science Centre, Mosselbaai-plofstofeenheid, Greenlink Solar, PathCare George en SANParke.
FOTOGALERY: Boeiende wetenskapsweek vir Parkdene Primêr
Leerders was gefassineer met die toerusting wat die plofstofeenheid van Mosselbaai gebruik. Van links is Keenan Snyders, Darren Prins, sers. Khohliwe van die plofstofeenheid, Jesmonique Berwee, Lichaan October, Edward Langfred (onderwyser en organiseerder van die wetenskapweek) en Sinentlahla Nqonqode.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’