GEORGE NUUS - Almal in George ken die blommestalletjie op die hoek van York- en CJ Langenhovenstrate. Hierdie blommestallietjie is 'n bekende gesig in die middedorp en het al talle Georgiete se lewens opgehelder in die 30 jaar wat Suraya Cassiem hier besigheid doen.
Op Woensdag en Donderdag, 25 en 26 Maart, kort voor die algehele inperking ingeskop het, het Suraya Cassiem, haar seun, Yusuf Cassiem en sy vrou, Kauthar, al hul blomme aan Georgiete geskenk.
"Ek het vroeër die week teruggekeer uit Johannesburg met 'n vars besending blomme toe ons hoor van die lockdown," vertel Yusuf.
Vir die Cassiem-gesin en hul werknemers is die blommeverkope hul enigste bron van inkomste, en soos vir baie ander kleinsakeondernemings gaan die inperking hulle besigheid 'n groot knou gee. Maar Yusuf het nie toegelaat dat dié realiteit hom negatief maak nie.
"Ek het vroeër op TV gesien hoe Nederland miljoene blomme van kant moes maak omdat hulle dit nie sou kon verkoop nie. Ons wou nie die blomme mors nie en ek, my ma en my vrou het besluit om te verkoop tot ons genoeg geld het om ons verpligtinge na te kom en dan die res van die blomme weg te gee vir mense wat die stalletjie besoek.
Tammy-Cole Manchest en Bevan Myners was twee van die gelukkige Georgiete wat bosse blomme van die Cassiem-gesin ontvang het. In die middel is Yusuf Cassiem. Foto: Deidré Cloete
"Baie mense het vir ons donasies gegee sonder om blomme te vat. Ons het almal wat gekom het, al het hulle net R10 gehad, se arms met blomme volgestop. Ek bedank elkeen wat ons deur die jare ondersteun het, verál die wat verlede week gekom het. Dit sou hartseer wees as ons al daai blomme moes weggooi," sê hy.
Binne twee dae was die meeste van die blomme verkoop en die paar bossies wat oorgebly het, het Yusuf op grafte gaan plaas.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'