Video
GEORGE NUUSFLITS EN VIDEO - ‘n Groep van elf verkeersopsigters van hier vertrek vandeesweek na Port Elizabeth om hulle te bekwaam as verkeersbeamptes.
Na die jaarkursus sal hulle as ten volle gekwalifiseerde verkeersbeamptes by die span by George-verkeer aansluit.
Dié elf stuks, ses vroue en vyf mans, was merkbaar opgewonde oor die vooruitsig tydens ‘n geleentheid verlede Vrydag waar hul deur die burgemeester, Melvin Naik, verkeershoof, Donavan Saptoe, hoof van wetstoepassing, Richard von Willigh en die direkteur van beskermingsdienste, Steven Erasmus, sterkte toegewens is.
Die groep van elf is Nadine Langisa, Algeron Matabata, Lusanda Mnyungula, Wincheskof Fortuin, Leandre Laws, Simone van der Heever, Gaynor Rixana, Almar Kafoen, Shubeida Masouw, Luchanol Witbooi en Duwaine Joseph.
Kyk videos hieronder.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'