Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die Blanco NG gemeente het die afgelope Sondag, 16 Mei hul 70ste bestaansjaar gedenk met 'n spesiale feesdiens waarna almal heerlik saam geëet het.
"Gemeentelede het die geleentheid gekry om elkeen 'n klip te bring en ons het 'n klipstapel gepak tot eer van die Here wat ons tot hiertoe gehelp het, net soos Samuel 'n klip opgerig het by Ebenhaëser in 1 Samuel 7:12," het ds. Francois Mulder, een van die gemeenteleraars gesê.
Fotogalery: NG-Kerk Blanco vier fees
Die Blanco-gemeente het ontstaan ná afstigting van die Moedergemeente George op 16 Mei 1951.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'