GEORGE NUUS - 'n Vrou van Blanco het al haar besittings in 'n brand verloor nadat haar huis verlede Sondagmiddag, 1 Oktober omstreeks 12:15, in Crystallaan in puin gelê is.
Die mure van Esmerelda Pietersen (62) se vyfvertrekhuis is swart gebrand en nie 'n enkele meubelstuk kan gebruik word nie.
Die dak is ook beskadig.
Aurelia Claassen, Pietersen se dogter, sê drie ander familielede het saam met haar ma in die huis gewoon.
Niemand is tydens die brand beseer nie en die oorsaak van die brand is onbekend.
Claassen bevestig dat haar ma en die ander familielede na die voorval by haar bly.
Met die George Herald se besoek verlede Donderdag 5 Oktober, was munisipale werkers besig om die huis op te ruim.
Claassen was saam met haar ma op die toneel terwyl hulle tevergeefs deur die oorblyfsels gekyk het.
Georgiete wat die vrou wil help om vir haar 'n skuiling op te rig of met enige donasies kan vir Aurelia Claassen by 084 645 7839 kontak.
Al die huisraad is in die brand beskadig.
Die beskadigde dak en swart gebrande mure.
ARTIKEL EN FOTO'S: BRUMILDA SWARTBOOI, GEORGE HERALD
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'