Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Families in Blanco het Sondag 1 Oktober 'n opelugdiens by die Blanco-sportterrein bygewoon ter ondersteuning aan diegene wat geliefdes op 'n tragiese wyse verloor het.
Die inisiatief was salf vir seer wonde in die gemeenskap, wat weens geweld en misdaad veroorsaak is.
"Sedert 25 September verlede jaar het vyf moorde plaasgevind," het Johannes Williams van die Blanco-gemeenskapsforum gesê.
"Een van die slagoffers is wyle Fabian Brandt, wat naby die brug wat op die N12, op pad na Oudtshoorn vermoor is. Die ander vier moorde het in die Scheme, Uitbreiding 5, plaasgevind."
Gesinne het die kans gekry om deur gebed, gewyde liedere, 'n mooi diens en samehorigheid afskeid te neem van hul dierbares.
'n Pragtige video met foto's van die troosdiens is op sosiale media gedeel.
Video verskaf:
Blanconaars maak 'n sirkel van omgee by Blanco-sportterrein.
'n Moeder word vertroos deur die gemeenskap.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’