Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die jaarlikse Binah-pretstap het sopas in lieflike weersomstandighede begin.
Die stappers doen 'n 4km-roete deur die Tuinroete Botaniese Tuine.
Mariza van Deventer van die Legacy Centre het die stap geïnisieer ten bate van die sentrum en ander mense met kinders met spesiale behoeftes.
"Ons is dankbaar vir die goeie opkoms en die publiek se ondersteuning. Ons het 'n eiendom in Oudtshoorn bekom waar ons 'n tehuis vir volwassenes wil begin. Ons seun Migael is nou 16 en ons wil voorsiening maak vir die dag wat ons nie meer daar is nie, en wil dieselfde doen vir ander," het sy gesê.
VIDEO - 5de Binah-stap in Botaniese Tuine:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'