GEORGE NUUS - 'n Groep vroue van Ramaphosa (sone 6) in Thembalethu het te midde van nat, reënerige weer op Saterdag, 23 September, na hul eie gemeenskap uitgereik en bejaardes ontvang vir ete.
Geskenkies is aan die ouer garde uitgedeel terwyl hulle 'n lekker warm tradisionele ete geniet.
"Stampmielies, bonesop, afval en pens, met kluitjies en roosterkoek. Dit was op die spyskaart vir ons mense," sê die organiseerder, Rimona Thom.
"Ons het besluit om kleurvolle tradisionele drag te dra, en die bejaardes op te kikker met iets lekkers."
Ofskoon die reën 'n demper op die dag kon geplaas het, het hulle gesorg dat dit steeds 'n feestelike geleentheid was.
Hierdie vroue van Ramaphosa het die beste gemaak van 'n papnat Saterdag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’