GEORGE NUUS - Beurtkrag kan 'n impak hê op watervoorsiening in dorpe. Só het Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, vandag by 'n geleentheid in George gewaarsku.
Bredell het 'n geleentheid van die Garden Route Environmental Forum (Gref) by Tramonto in Geelhoutboom bygewoon.
Hy het aan die George Herald gesê beurtkrag het 'n groot impak op die land. In die Wes-Kaap beloop die skade aan die ekonomie na raming minstens R400 miljoen per dag. Vir dorpe om die water na stoorplekke en reservoirs te kry, is pompe nodig.
Dit het ook ’n impak op rioolwerke. As die pompe staan kan besoedeling plaasvind. Daar word gekyk hoe pompe en kragopwekkers in van die groot areas gekry kan word.
Een van die groot bekommernisse in die stadium is die dieselvoorraad. Mense gebruik diesel vir kragopwekkers.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'