Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Diegene wat vanoggend van 09:00 tot 11:00 na George reis met die N9, Langenhovenweg, word verras met 'n groet van die burgemeester, nuwe verkeershoof, Go George-personeel en die George-verkeersdienste.
Dit is 'n jaarlikse instelling om besoekers aan die dorp met 'n glimlag van die dorpsleiers en 'n geskenkpakkie te verwelkom.
Die heel eerste besoeker wat op hierdie manier gegroet is, is Ferdi Hartzenberg van Pretoria. Onder diegene wat voor 10:00 vanoggend voorgekeer is, is 'n Europese toergeselskap, besoekers van Gauteng en enkele Kapenaars.
FOTOGALERY: Besoekers in George verwelkom
Welkom in George!
VIDEO: Besoekers met padblokkade verwelkom
Munisipale bestuurder, Michele Gratz, wys wat vakansiegangers vanoggend in hul geskenkpakkies kry. Foto: Michelle Pienaar
Foto: Mandi Botha
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'