Die gebou in Meadestraat, wat aan die NG Kerk Moedergemeente behoort, huisves onder andere House of Flavours Restaurant, Cinnabar Creative Studio, Ou Juweel Antiques, Serendipity-skoonheidsalon en Designer Plan Landscape Design & Project Management.
Die oorsaak van die brand is nog onbekend. Die brandweer was gou op die toneel om die brand te blus en van die besighede soos Cinnabar het nie ware brandskade opgedoen nie, maar is deur die rook, roet en water in puin gelê.

