GEORGE NUUS - Die Suid-Kaapse tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika beplan 'n baie bedrywige program vir 2019.
Die tak hou Woensdag 6 Februarie om 12:30 sy algemene jaarvergadering by die George-museum. Die nasionale jaarvergadering en beplanningswerksessie van die GGSA word op 15 en 16 Maart by Howick in KwaZulu-Natal gehou.
Verskeie projekte en ledevergaderings word deur die Suid-Kaapse tak beplan om belangstelling in familiegeskiedenis verder te vergroot en aan te wakker.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'