GEORGE NUUS - Dr. Jannie Botha is ‘n sielkundige en internasionale motiveringspreker wat met besigheidsmense, professionele sportpersone, huwelikspare en jongmense werk. In sy praktyk as sielkundige spesialiseer hy in verhoudingsterapie en dit is vir hom ‘n passie om egpare te begelei om hulle verhouding te versterk. Hy bied al vir langer as 30 jaar seminare aan vir huweliksverryking.
Jannie besoek George-Bergsig Gemeente van 22 tot 24 Oktober vir ‘n huweliksreeks.
Hy kom deel vanuit dekades se ervaring insigte wat elke egpaar kan help om ‘n meer gelukkige en vervullende huwelik te hê.
Hierdie unieke geleentheid word gratis aangebied en daar is ook ‘n kinderoppasdiens beskikbaar. Spasie is beperk, so bespreking is noodsaaklik.
Die reeks het vanoggend, 22 Oktober, by George-Bergsig Gemeente afgeskop, met sessies van vanaand, Sondagaand tot Dinsdagaand om 18:00. Almal is baie welkom.
Besoek Jannie se webtuiste by www.drjanniebotha.co.za om meer oor hom en sy bediening uit te vind.
Bespreek by hierdie skakel: https://qkt.io/JrC2L7
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’