GEORGE NUUS - 'n Bekende bouer, Johan Gerber (72), wat baie monumente in die streek agtergelaat het, is Saterdag deur familie en vriende in Hartenbos gegroet.
Hy is die vorige Vrydag, 12 Augustus, in die provinsiale hospitaal in Mosselbaai weens hartversaking oorlede.
Donderdagaand toe sy een seun hom in die hospitaal besoek het, het hy nog gehoop dat sy pa die volgende dag ontslaan sou word om die rugbytoets tuis te kyk.
Sy troosdiens is Saterdag in die Volle Evangelie Kerk in Hartenbos gehou en is deur 'n groot aantal familie en vriende bygewoon.
Gerber se vier seuns, Henno, Attie, Ryno en Paul is almal ook in die boubedryf betrokke met hul vader wat twee jaar gelede uitgetree het. Hy het die laaste jare in Fraaiuitsig naby Klein-Brakrivier gewoon.
Die seuns se moeder, Rina, woon in Hartenbos. Gerber is sowat ses jaar gelede met Mary getroud nadat hy geskei is.
Na sy uittrede het Gerber biltong gemaak en 'n hok vol voëls gehad wat hom besig gehou het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'