GEORGE NUUS - 'n Behuisingsprojek in Golden Valley, Blanco, behoort teen November klaar te wees. Die versekering is deur Tertuis Simmers, Wes-Kaapse minister van menslike nedersettings, gegee.
Vrae het vroeër oor die stand van die projek ontstaan. 'n Leser van George Herald was in die omgewing en het foto's van sommige van die onvoltooide huise geneem. Dit wil voorkom of van die huise gevandaliseer is. Dit lyk ook of sommige van die huise al betrek is en daar is ook varke wat tussen die halfvoltooide huise rondloop.
Volgens die leser is van die toilette beskadig en boumateriaal is skynbaar weggedra. Dit lyk ook of deurkosyne beskadig is en vensters gebreek is. Die leser is ook bekommerd dat kinders wat daar in die omgewing speel, kan seerkry.
Toe die foto's aan Simmers gestuur is, het hy onderneem om die saak te ondersoek. Hy het Dinsdag gesê die foto's is van 10 huise wat nog aan gewerk moet word.
Van die huise in Golden Valley, Blanco wat nog voltooi moet word.
Die nuwe kontrakteur wat in Blanco gevestig is, is in September 2020 aangestel. "Hy werk van die gedeelte naaste aan Blanco na die anderkant toe en daarom het hy nog nie by daardie huise uitgekom nie."
Uit die projek wat uit 165 BNG (Breaking New Ground) eenhede bestaan is 15 so te sê voltooi. Die projek behoort teen November 2021 klaar te wees.
"Die voormalige kontrakteur is in Desember 2019 laat gaan en my departement moes wag vir die oorhandigingsverslag vanaf George-munisipaliteit," het Simmers gesê.
Van die huise in Golden Valley, Blanco wat nog voltooi moet word. Varke loop tussen die huise rond.
Van die boumateriaal wat nie bedek is nie.
After a George Herald reader photographed some unfinished houses in a new housing project in Golden Valley, Blanco, raising questions as to apparent vandalism and the intended completion date, Western Cape Minister of Housing Tertuis Simmers investigated the matter and said a contractor has been appointed to complete the houses, with the likely completion date in November.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'