Badisa George is 'n geregistreerde nie-regeringsorganisasie wie se dienste fokus op kinderbeskerming, voorkoming, vroeë intervensie, statutêre dienste, gesinshereniging en versterking van gesonde gesinsfunksionering.
Badisa het 'n gemeenskapsontwikkelings-werker wat projekte hanteer soos: bewusmaking, kinderbeskerming, vakansieprogramme, ouerleiding, veiligheidsouer- en vrywilligersopleiding, vroeë kinderontwikkeling en nasorg.
Badisa lewer tans dienste in die volgende areas:
George-sentraal, George-Suid, Denneoord, Bergsig, Lavalia, Proteapark, Blanco, Witfontein (natuurbewaring) en die landelike gebied van George.
Badisa is hoofsaaklik afhanklik van donasies van donateurs, kerke en besighede. U word dus genooi om deel te word van Vriende van Badisa deur middel van inskakeling by projekte, finansiële bystand, skenkings in die vorm van kruideniersware en klere vir kinders. Kontak Badisa George by 044 874 5013.