ZOAR NUUS - Leerders van Zoar het 'n skryfkompetisie van die plaaslike tak van die ATKV terdeë geniet. Hulle moes in Afrikaans skryf oor die onderwerp 'Wat kan ek doen om 'n beter Suid-Afrika te bou?'.
Jonathan Jantjies, voorsitter van die Zoar ATKV-tak sê dit is deel van die ATKV se uitreiking na die platteland en ter bevordering van die Afrikaanse taal onder die jeug.
"Ons wil nie hê dat Afrikaans uitsterf wanneer ons Afrikaanse kinders eendag groot is nie. Die pragtigste woorde kom uit jong leerders se penne."
Wenners in die onderskeie kategorieë het geskenke ter waarde van R500, R300 en R200 ontvang. Die wenners in die drie kategorieë was Christopher Paulse (gr. 5), Jayzari Antonie (gr. 6) en Caithlin Dido (gr. 6).
Jantjies sê die Zoar-tak bedien twee keer per week sop by die plaaslike klinieke in hul omgewing en bied ook 'n gereelde program vir senior burgers aan.
"Donasies van wol en materiaal is altyd welkom. Ook donasies wat ons kan help om die ander projekte uit te brei," sê Jantjies.
Hy het vroeër vandeesweek na ATKV Klein-Kariba vertrek waar die organisasie 'n saamtrek aanbied.
Mense wat bydraes kan maak, kan Jantjies bel by 060 882 0017.
'Ons bring jou die nuutste Zoar, Tuinroete nuus'