GEORGE NUUS - Arné Julyan vat die koek nadat sy op Vrydagmiddag 23 Maart as die 2017 Bruid van die Jaar van die beroemde Harvey World Travel (HWT)-bruidskompetisie aangewys is.
Arné het 'n droomvakansie vir haar en haar eggenoot, Wynand, losgeslaan. Die paartjie wen twee aande van luukse akkommodasie, ontbyt ingesluit, by enige Southern Sun Hotel in Suid-Afrika, twee ekonomiese klas retoervliegkaartjies van kulula.com en 'n koopbewys by Salinas Restaurant in Wilderness.
Die paartjie het op 11 November 2017 by die NG Kerk George-Suid getrou.
"Ek en Wynand het 10 jaar gelede by 'n hardeware winkel ontmoet. My pa het ons aan mekaar voorgestel," onthou Arné. Arné is van George en Wynand is oorspronklik van Port-Elizabeth.
Volgens Linda Scholtz, HWT-bestuurder, bestaan die bruidskompetisie al vanaf die vroeë 90's. Scholtz bedank, Tsogo Sun, George Herald, The Beauty Salon, Bridal Inn, Salinas Restaurant, Pomodoro Restaurant, kulula.com en Travel Bugs vir die samewerking.
Arné Julyan, sit regs voor (2017 wenner bruid) saam met die span wat die Harvey World Travel (HWT) Bruidskompetisie moontlik maak. Voor links sit Linda Scholtz (HWT-bestuurder). Agter staan, Werner Pons (Salinas en Pomodoro restaurant), Renate Roodt (Travel Bugs), Caren Ogilvie (Bridal Inn), Marita Steyn (HWT) en Esteé Potgieter (Beauty Salon). Afwesig; Claudio Nespola (Pomodoro Wilderness). Foto's: Brümilda Swartbooi
Slegs bruide wat in die Suid-Kaap woon mag aan die HWT-bruidskompetisie deelneem.
Die bruid moet 'n vollengte en kop en skouerfoto saam met haar inskrywing indien. Die kompetisie is gratis en inskrywingsvorms is beskikbaar by die Harvey World Travel se kantore in George en Oudtshoorn asook die George Herald-kantoor in Yorkstraat, George.
Linda Scholtz, HWT bestuurder, (regs) oorhandig die prys aan Arné Julyan, 2017 wenner bruid.
Vir meer inligting skakel Marita Steyn by 044 874 6930 of stuur 'n e-pos met jou foto's en inskrywingsvorm na linda.scholtz@harveyworldsa.co.za.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'