Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - As deel van Madibadag het die SWD Arende Donderdagoggend tyd afgeknyp om kos en komberse by die George-taxistaanplek uit te deel. Die span vertrek vanaand na Welkom waar hulle Saterdag teen die Griffons speel.
Saam met die span en beamptes was die Arende se gelukbringer, Arnie. Die Arende se teenwoordigheid het 'n beroering veroorsaak en mense het vinnig nadergestaan.
Die ontvangers van die kos en komberse, wat hoofsaaklik mense is wat by die taxistaanplek woon, het breed geglimlag en van hulle kon nie uitgepraat raak oor die gebaar nie. "Ons waardeer dit baie," het een van ontvangers gesê.
Nou het hulle komberse teen die winterkoue.
Martin de Vos, bestuurder van die SWD Arende het aan die George Herald gesê dit is 'n geleentheid om uit te reik na mense wat minderbevoorreg is en is gedoen om die mense se nood ‘n bietjie te help verlig.
Volgens hom beskou die span en die bestuur dit as 'n wonderlike geleentheid om uit te reik na die gemeenskap.
Kyk 'n video hieronder.
Die SWD Arende, hul spanbestuur en hul gelukbringer, Arnie het vanoggend (Donderdag) as deel van Madibadag kos en komberse by die George-taxistaanplek uitgedeel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'