GEORGE NUUS - Die begrafnis van een van George se bekendste inwoners en ‘n legende in SWD-rubykringe, Piet Kemp vind môre, Donderdag 5 Januarie om 11:00 by die NG Kerk Moedergemeente, plaas.
Kemp (86) is verlede Woensdag 28 Desember oorlede. Hy het op sy dag self skrumskakel vir SWD gespeel en later die span baie suksesvol afgerig.
Sy seun, Werner, het vandag gesê mense is welkom om die geleentheid by te woon. Sy pa was onder meer ook kaptein van George se eerste span wat in die 1960’s die groot Uitdaagbeker gewen het. Hy het ook gedurende die 1960’s vir SWD teen teen die All Blacks en Australië gespeel.
Na sy rugbyloopbaan het hy betrokke geraak by afrigting. Onder sy afrigting het SWD die Sport Pienaar-beker in 1981 en 1982 gewen, waarna hulle bevorder is na die Curriebeker se B-afdeling in 1983.
Na sy afrigtingsjare het hy weer betrokke by George Rugbyklub geraak en is onder meer as president van die klub gekies.
Werner het sy pa as 'n mense-mens beskryf. "Hy het letterlik geleef vir sy geliefde sport, rugby.”
*Kemp word oorleef deur Yvonne, sy eggenoot,twee kinders,twee kleinkinders en 'n agterkleinkind
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'