GEORGE NUUS - Matrikulante het vandag (Woensdag 13 November) Afrikaans geskryf.
Leerders van Hoërskool Pacaltsdorp het met die George Herald oor die vraestel gesels:
Jaylin Khalo
"Die vraestel was hanteerbaar. Dis alles wat ons deur die jaar aan gewerk het."
Lakisha Bruwer
Sy sê dit was redelik 'oraait' vir haar. “Dit was bietjie uitdagend omdat 'n mens nie geweet het wat gaan inkom nie.”
Helloise Saaiman
Volgens haar, was die vraestel haalbaar en slaagbaar. “Dit het gehelp met afdeling A omdat ons heeljaar gewerk het om 'n gedig te ontleed. Afdeling C was effens uitdagend omdat ons 'n stelling moes aanpas by karaktereienskappe in die boek, maar dit het gehelp dat ons die boek die hele jaar behandel het.”
Keanan Sparks
"Die vraestel was nie te moeilik of maklik nie. Daar was n paar vrae wat jou van koers kon gooi, maar verder was dit redelik 'oraait'.”
Helloise Saaiman
Keanan Sparks
Lakisha Bruwer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'