Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Klompie ouers en onderwysers van Laerskool Blanco is aan die woel om vandag teen tweeuur 848 hamburgers klaar te maak vir 'n geldinsamelingspoging.
Collette Rossouw, gr. R-onderwyser en een van die organiseerders van die projek, sê hulle aanvanklike verwagtinge vir opbrengs is ver oortref. Hulle mikpunt was om 400 bestellings te kry.
Aan die begin het die bestellings stadig ingekom, maar na 'n grootse bemarkingspoging was hulle aangenaam verras deur die groot hoeveelheid bestellings.
Die NG kerk Blanco het sy saal en kombuis beskikbaar gestel vir die projek en danksy donasies uit verskeie oorde gaan die skool net meer as R13 000 wins maak.
Die donateurs is Grocery Express, Isa Robertson, Lizelle Robertson, Danie du Toit, Van Rensburgs Foods en talle ouers van die preprimêre afdeling wat kontant geskenk het. "Ons is dankbaar vir al die donasies en vir die wonderlike ondersteuning van almal wat bestellings geplaas het, veral ook besighede."
Kyk 'n video hieronder:
Van die span wat hamburgers aanmekaarslaan in die NG Kerk Blanco se saal. Foto's: Alida de Beer
848 hamburgers maak 'n lang ry wat aan drie kante van die saal af loop.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'