GEORGE NUUS - Franco Senekal, 'n gr. R-leerder by Laerskool George-Suid, is op 29 Julie met leukemie gediagnoseer en ontvang tans behandeling in die Rooikruis-kinderhospitaal.
Dit is later bevestig dat hy Burkitt se leukemie het, onder meer Nie-Hodgkin se limfoon.
"Daar is vir hom 'n behandelingsplan uitgewerk volgens sy diagnose. Dit beteken ons moet vir die volgende vyf of ses maande in die Kaap bly," vertel sy gebroke ma, Bernise Senekal.
Hulle het op 10 Augustus met sy behandeling begin. Die gesin se mediese fonds dek nie die volledige behandeling nie.
"Van die toetse word gedek, maar nie almal nie," sê Senekal. Indien enigiemand die gesin kan bystaan met bydraes tot verblyf, brandstof, vervoerkoste en algemene benodigdhede vir Franco kan hulle Bernise skakel by 079 423 5113.
Fondsinsameling vir Franco
Om geld vir Franco in te samel word daar op Saterdag 26 Augustus 'n fondsinsameling op Heroldsbaai gehou.
Fotosessies van 15 minute elk sal vanaf 13:15 tot 16:30, teen slegs R200 per sessie, gehou word. Vir besprekings en meer besonderhede, skakel 072 7447 457.
*A five-year-old boy from George is currently fighting for his life in the Red Cross Hospital in Cape Town. Franco Senekal, a Grade R learner at George South Primary School, was diagnosed with leukemia on 29 July and has been undergoing treatment since 10 August.
The family's medical aid does not cover all of Franco's treatment. If anyone would like to assist them, contact Bernise on 079 423 5113. To raise money for Franco, a fundraiser will be held at Herold's Bay on Saturday 26 August. 15-minute photo sessions will be held from 13:15 to 16:30, at only R200 per session.
For bookings and more details, call 072 744 7457.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'